Jan die Man Boodskappe: 523 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dominee Tienie Benadé is 'n rolprent wat op 25 Januarie 2019 in teaters begin draai het. Die prent is gebaseer op Dana Snyman se toneelstuk Klaagliedere, oor ’n predikant van ’n sukkelende gemeente met 'n krimpende lidmaattal. Tinie kom by 'n kruispad te staan wat sy loopbaan, sy huwelik en sy geloof toets. Hy probeer hard om sy selfvertroue terug te wen en weer 'n lig vir die mense om hom te word. Hierdie komedie het ’n dieper boodskap wat meesterlik deur Frank Opperman vertolk word.