Young, Professor Robert Burns [boodskap #124667] |
Wo, 23 Januarie 2019 19:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Professor Robert Burns Young was 'n Suid-Afrikaanse geoloog en broer van professor Andrew Young. In 1874 in Skotland gebore. Ontvang sy opleiding aan die Universiteite van Glasgow en Edinburgh. In 1903 het hy na Suid-Afrika gekom en toegetree tot die personeel van die South African College, maar het kort daarna na die Mynskool in Johannesburg verhuis. Afgesien van belangrike navorsing oor die formasies van die Witwatersrand, het hy ook aansienlik belang gestel in argeologie en president van die Geologiese Vereniging van Suid Afrika geword. In 1949 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|