Young, Sir Hubert Winthrop [boodskap #124666] |
Wo, 23 Januarie 2019 19:16 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Hubert Winthrop Young was die Goewerneur van Noord-Rhodesië (nou Zambië). Gebore in 1885. In 1932 word hy Goewerneur van Njassaland (tans Malawi) en bly daar vir 2 jaar; daarna was hy Goewerneur van Noord-Rhodesië van 1934 tot 1938. Gedurende hierdie tydperk het sy vrou, Lady Margaret Mary Rose Young, wat ’n gekwalifiseerde vlieënier was, in die Noord-Rhodesiese bosse vermis geraak en is weer onder dramatiese omstandighede gevind. Oorlede in 1950.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|