Boetebossie [boodskap #124655] |
Wo, 23 Januarie 2019 18:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Xanthium Spinosum, ook bekend as boetebossie, is ’n plant wat per ongeluk na Suid-Afrika gebring is in 1859. Dit is naby Simonstad gevind en het vinnig deur die land versprei; die saad — of stekerige vrugte — het skaapboere baie skade berokken. Wetgewing is later ingedien om die uitroeiing van hierdie onkruid te verseker, maar dit kom nog algemeen voor.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|