Wood, George [boodskap #124640] |
Wed, 23 January 2019 18:00 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
George Wood was 'n vroeë jagter. Omstreeks 1865 kom hy in Natal aan en in 1866 trek hy na Ngami-meer, waar hy met ’n handelspos begin. Drie jaar later trek hy deur die huidige Zimbabwe en is een van die eerste blankes wat die Zimbabwe-bouvalle besoek het. In 1873 jag hy in die geselskap van F.C. Selous. In 1882 het hy en al die lede van sy geselskap tydens ’n trek deur Barotseland omgekom.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|