Woburn [boodskap #124625] |
Wed, 23 January 2019 17:19 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Woburn was 'n militêre dorp aan die vroeëre Oosgrens van die Kaap. In 1848 gestig en op Kersdag 1850 tydens die Agtste Grensoorlog deur 'n naturelle-inval verwoes. Al die mans wat daar gebly het, is gedood. (Sien ook Auckland, Ely en Juanasburg, wat dieselfde lot getref het).
Woburn in Engeland word geassosieer met die loopbaan van goewerneur sir Harry Smith.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|