Windsorton [boodskap #124609] |
Wo, 23 Januarie 2019 06:47 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Windsorton was 'n dorp in die noorde van Kaapland, aan die Vaalrivier. Oorspronklik bekend as Hebron, is dit in 1869 as een van die vroegste delwerskampe aan die rivier gestig. Dit is teen die einde van die eeu ter ere van P.E. Windsor, ’n bekende pionier, herdoop. Dit is ’n vakansie-oord vir die distrik waar daar op plekke na diamante gedelf word. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,011 (223 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|