Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak?
Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak? [boodskap #9891] Vr, 04 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
Jan Diedeleff[2]  is tans af-lyn  Jan Diedeleff[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
In die Junie uitgawe van bg. glanstydskrif verskyn daar 'n
artikel "Al daai Jazz". Die artikel begin lees: "Het jy ook
pas jazz ontdek en jy weet nie waar om te begin nie..." en
gaan voort om 'n lys van 100 Jazz CD's kortliks te bespreek,
alles persoonlike keuses van die skrywer.

In die lys word daar maar een (?) S.A musikant gelys, 'n
Vrystater met die naam van Japie Human. Nou ek is 'n gebore
Vrystater, en Jazz is een van die musiekvorms wat ek geniet
(geen kenner), maar met alle respek, ek het nog nooit van
Japie Human gehoor nie.

Maar ek het wel gehoor (en gesien en beleef) die musiek van
Dollar Brand, die musiek van Mankunku Ngozi, die musiek
Basil Coetzee ( "julle kan maar New York toe gaan ons het
vir Mannenberg"), om maar net enkeles te noem. Alles name
wat skitter in hul afwesigheid. Maar in al hul verhewe
glorie is daar Quincy Jones, George Benson, Kiri Te Kanawa
(Jazz? Asseblief!).

Persoonlike skrywers keuses of te not, is dit die steun wat
die SA pers vir plaaslike musiek gee?

Mens kan maar net wonder oor watter sot die halfversuipte
kat uit die put gehaal het. 'n Vriend het jare terug toe die
eerste uitgawes verskyn het daarna verwys as 'de Kak'. Ek
kan net saamstem - hierdie kat is nie welkom in my huis nie.

- Jan Diedeleff
Re: Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak? [boodskap #9897 is 'n antwoord op boodskap #9891] Sa, 05 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
ek stem saam, 'n baie swak artikel tussen al die
advertensies, ek gaan nooit weer die De Kak
koop nie, maar ek moet sê, die foto van James
was baie seksie !

die enigste rede hoekom ek nog rugby kyk !
Re: Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak? [boodskap #9898 is 'n antwoord op boodskap #9891] Sa, 05 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Jul 1997 15:46:37 GMT, tr...@infonews.co.th (Jan Diedeleff) wrote:
<<>Maar ek het wel gehoor (en gesien en beleef) die musiek van
> Dollar Brand, die musiek van Mankunku Ngozi, die musiek
> Basil Coetzee .>>>

Daar is 'n jong pianin Moses somebody - van begin met 'n M - wat ook
wonderlike jazz maak.
En dan wonder ek altyd hoekom Johnny Fourie nie 'n CD maak nie.
Re: Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak? [boodskap #9909 is 'n antwoord op boodskap #9891] Ma, 07 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy nou meer !
Dat mens nou so onnosel kan wees soos die musiekskrywer van De Kak
en dit in 1997!
Skryf vir die De Kak 'n brief en se die ou moet sy 100 CD's
dwars in sy gat opdruk en dan oorfone aan sy knaters koppel
en luister hoe dit klink.

Vriendelike groete
Re: Absoluut 'De Kat' of absoluut Kak? [boodskap #9942 is 'n antwoord op boodskap #9891] So, 13 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
jislaaik galjoen,
mooi woorde maar wat presies het die ou geskryf om jou so te onstel?

gal...@ibm.net wrote in article ...
>
> Kan jy nou meer !
> Dat mens nou so onnosel kan wees soos die musiekskrywer van De Kak
> en dit in 1997!
> Skryf vir die De Kak 'n brief en se die ou moet sy 100 CD's
> dwars in sy gat opdruk en dan oorfone aan sy knaters koppel
> en luister hoe dit klink.
>
> Vriendelike groete
>
Vorige onderwerp: Gratis bladsye vir Afrikaanse skrywers-Die Boekwinkel
Volgende onderwerp: DIE GROOTSTE BOEK IN AFRIKAANS...........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:21:11 MGT 2024