Wepener [boodskap #124556] |
Ma, 21 Januarie 2019 18:00 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wepener is 'n dorp in Oos-Vrystaat, vernoem na kommandant Louw Wepener wat die Boere aangevoer het in hulle aanval op Thaba Bosigo in die Basoeto-oorlog van 1865. Gedurende April 1900 is die dorp deur die Boere beleër maar na 16 dae ontset. Nou is dit ’n belangrike koringmeul- en koringproduserende sentrum en is ook belangrik vanweë sy algemene boerdery. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,600 (1,200 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|