Vredefort [boodskap #124478] |
Sun, 20 January 2019 07:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vredefort is 'n dorp in die Noord-Vrystaat. In 1877 gestig en so genoem omdat dit vrede gebring het vir baie boere wat vroeër gekla het oor die lang reise na die kerk op Kroonstad. Daar is na goud geprospekteer lank voordat die huidige ontginning in die O.V.S. begin het. Die nabygeleë koppie is van geologiese belang. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,515 (732 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|