Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lorca/Uys Krige
Lorca/Uys Krige [boodskap #9870] Sa, 28 Junie 1997 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
As 'n mens in Suid-Afrika woon is daar nogal voordele. Soos die Verse
van Lorca - vertaal deur Uys Krige - wat jy vir R5 op 'n sale by Facts
and Fiction in Eastgate optel.
(Ja, eet julle harte uit in julle silverskoon strate waar die polisie
geruisloos patroleer!! :) :) )

Toe dag ek ek dik gou die een in vir julle...

DIE KLAG

My balkon het ek toegemaak
want die klag wil ek nie hoor nie.
Maar van agter die blindings en die lee" vensters,
van agter die swaar gordyne en grys mure
hoor ek niks anders nie as net die klag.

Daar is maar min engele wat sing,
daar is maar min honde wat blaf,
'n duisend viole pas in die holte van 'n mens se hand;
maar die klag is 'n reusagtige engel,
die klag is 'n reusagtige hond,
die klag is 'n reusagtige viool,
die wind waai dof van al die kreune wat hy dra
en die strome is traag van al die trane wat hul drenk,
die snikke, krete smoor self die see se gedruis
en ek hoor niks anders nie,
ek hoor niks anders nie as net die klag.
Vorige onderwerp: Dimensionele eienskappe van Taal (lank)
Volgende onderwerp: kuberkuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 05:48:55 MGT 2024