Umbogintwini [boodskap #124272] |
Do, 17 Januarie 2019 19:51 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Umbogintwini is 'n dorpsgebied 15 myl besuide Durban aan die Natalse Suidkus. Terrein van die groot springstof- en chemiese fabriek wat in 1908 deur die Britse firma, Kynoch, gestig is. Vandag behoort dit aan Afrikaanse Springstowwe en Chemiese Nywerhede (AE&CI). Deesdae word die produksie toegespits op kunsmis en baie soorte chemiese stowwe, plastiekstowwe, ens. Die woord "Umbogintwini" beteken "Plek van Klippe". Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,112 (524 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|