Ubombo [boodskap #124259] |
Thu, 17 January 2019 19:10 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ubombo is 'n administratiewe stasie naby Nongoma, Zoeloeland; in 1888 toneel van ’n geveg tussen die Zoeloes en die Mandhlakasistam. Boere wat die Zoeloes gehelp het, het plase ontvang wat vandag nog deur hulle afstammelinge bewoon word. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 280 (50 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|