Tyumierivier [boodskap #124256] |
Do, 17 Januarie 2019 18:40 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tyumierivier (of Tyhumerivier) is 'n takrivier van die Keiskamarivier in die Oos-Kaap. Dit ontspring hoog in die Hogsbackberg, 'n deel van die Amatholeberge, en vloei deur die Tyhume-vallei noordoos van die dorp Alice. In die middel van die vallei word dit in die Binfield Parkdam opgedam. Ná die dam vloei dit suid, dan oos en suidoos waarna dit by die Keiskamarivier (op pad na die Indiese Oseaan) aansluit.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|