Tredgold, Sir Clarkson Henry [boodskap #124206] |
Wed, 16 January 2019 06:08 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir Clarkson Henry Tredgold was 'n regter van die Hooggereshof van Suid-Rhodesiƫ (nou Zimbabwe). In 1865 in Kaapstad gebore en ontvang opleiding aan die South African College. In 1889 word hy tot die balie toegelaat. In 1897 verhuis hy na Bulawayo, waar hy Staatsaanklaer word. In 1900 word hy aangestel as Solisiteur-generaal en in 1903 Prokureur-generaal. Sestien jaar later word hy regter en tree in 1925 af. In 1938 in Oos-Londen oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|