Transalloys [boodskap #124197] |
Tue, 15 January 2019 19:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Transalloys is die naam van ’n fabriek wat in 1962 by Witbank opgerig is deur die Anglo-American Corporation of South Africa en Avesta Jemverks Aktiebolaget, ’n vooraanstaande Sweedse maatskappy, vir die vervaardiging van koolarm ferrochroom volgens die Avestaproses. Die oprigtingskoste was meer as R7,000,000.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|