Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die tierboskat (Felis serva) word dwarsdeur Afrika aangetref, maar veral in die suide, waar hy graag in bosagtige dele naby water bly. Die kat soek sy prooi in die nag en is skugter bedags. Dit jag kleinwild, knaagdiere en groter voëls asook huisdiere. Is rooigeel, oortrek met swart kolle. Hy is 60 cm (2 voet) hoog en, gemeet van neus tot stert, omtrent 90 cm (3 voet) lank.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.