Theunissen [boodskap #124160] |
Ma, 14 Januarie 2019 19:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Theunissen is 'n dorp in die Noord-Vrystaat, vernoem na Helgaard Theunissen, die oorspronklike grondeienaar. In 1907 gestig; boerdery- en wolproduserende sentrum. In die Tweede Vryheidsoorlog het gevegte daar naby plaasgevind. Bekend vir die 870-voet hoë mas, wat deel van die Frekwensie Modulasienetwerk van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie was. Op 'n tyd die hoogste struktuur in die Suidelike Halfrond. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,200 (1,500 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|