Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING
" Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING [boodskap #9765] Vr, 13 Junie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 464
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
KAAPSTAD '76

die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hul dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang

gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word

Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: " 'n Bietjie Boerneef" deur A. BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Kinder-rympies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 06:44:12 MGT 2024