Suid-Afrikaanse Nasionale Tuberkulose-Assosiasie [boodskap #124045] |
Sun, 13 January 2019 08:55 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Tuberkulose-Assosiasie, algemeen bekend as SANTA, is 'n organisasie wat in 1947 gestig is om tuberkulose in Suid-Afrika te bestry, en waarin verskeie organisasies saamgesmelt het. Teen 1952 het dit £700,000 (R1,400,000) ingesamel. Deur middel van nedersettings en hospitalisasie het SANTA daarin geslaag om waardevolle geriewe aan lede van die mindergegoede bevolking in baie dele van die land te verskaf. Die Regering lewer ook aansienlike bydraes, maar die organisasie is in ’n groot mate afhanklik van die vrygewigheid van die publiek.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|