Stutterheim [boodskap #124037] |
Sun, 13 January 2019 07:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Stutterheim is 'n dorp in Oos-Kaapland, vernoem na Generaal-majoor Richard von Stutterheim, bevelhebber van die Duitse Legioen in die Krimoorlog. Die Britte het die Legioen vergoed vir sy dienste deur hulle in 1858 daar naby te vestig. Die plek is skilderagtig geleë aan die voet van die Amatolas, aan die Kubusierivier, met omliggende bosse. Boerdery- en saagmeulsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 9,500 (2,200 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|