Streepkoppie [boodskap #124025] |
Sun, 13 January 2019 07:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Streepkoppie (familie Fringillidae) is 'n klein Suid-Afrikaanse sangvoëltjie, lid van die vinkfamilie, wat in die meeste dele van die land aangetref word. Streepkoppies is nie sulke goeie sangers as vinke (kanaries) nie, maar tjirp tog pragtig. Afgesien van die goudborsstreepkoppie (volop naby die Victoria-waterval) is hulle klein, stil bruin voëltjies.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|