Spekvreter [boodskap #123931] |
Sa, 12 Januarie 2019 10:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Spekvreter (familie Turdidae) is 'n klein sangvoël, familie van die rooiborsie en tapuit. Besonder stemmige kleur. Vreet miere en klein kewers. Die algemeenste van verskeie spesies is die spekvreter, ’n rustelose klein bruin voëltjie wat sy vlerke en stert klap soos ’n rooiborsie. Romp en stert is dowwe kastaiingbruin. Die perdewagter is ’n mooi, plomp klein voëltjie met swart kop, wit kraagmerke en rooierige bors. Dikwels te sien op draadheinings of lae bosse. Sing kort kanarie-liedjies.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|