Sobhuza II [boodskap #123881] |
Sa, 12 Januarie 2019 07:09 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sobhuza II was die koning van die Swazi’s. In 1898 gebore as seun van Bhunu, wie hy in 1899 opgevolg het met sy ouma, Nabotsibeni, as regent. Ontvang sy skoolopleiding by Lovedale, word in 1922 as koning van die Swazi’s uitgeroep en besoek Engeland waar hy koning George V ontmoet. In 1923 het sy appèl na die Geheime Raad misluk in 'n belangrike grondsaak in verband met die geldigheid van konsessies wat sy oupa, Umbandine, vroeër aan blanke nedersetters toegestaan het. Hy het hom voortdurende beywer vir die ontwikkeling van sy land.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|