Smith, Sir William James [boodskap #123868] |
Fri, 11 January 2019 20:10 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sir William James Smith was 'n regter van die Transvaalse Hooggeregshof. In 1853 in Cheltenham gebore waar hy ook skoolgaan. In 1875 word hy advokaat by Lincoln’s Inn. Was regter in die Goudkus en in Ciprus waar hy in 1892 Hoofregter word. In 1897 word hy in ’n soortgelyke pos in Brits-Guiana aangestel en omdat Romeins-Hollandse reg daar in gebruik was, word hy in 1902 as regter in Transvaal aangestel. Oorlede in 1912.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|