Smit, Jacobus Stephanus [boodskap #123857] |
Fri, 11 January 2019 19:41 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jacobus Stephanus Smit was die Administrateur van Transvaal en Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Londen. Op 9 Oktober 1878 naby Pretoria gebore; word advokaat en in 1920 Parlementslid. Hy was Hoë Kommissaris vir die Unie in Londen van 1925 tot 1929 asook die Suid-Afrikaanse afgevaardigde na die Volkerebond en die Ontwapeningskonferensie in Genéve. Van 1929 tot 1934 was hy Administrateur van Transvaal en daarna lid van die Diamantraad. Oorlede in 1960.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|