Skipper [boodskap #123832] |
Fri, 11 January 2019 17:24 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Skipper (Scombresox saurus) is 'n lid van vlieënde vis-familie met lang lyf en baie lang kakebene, donkerblou bo en silwerkleurig onder; 18 duim lank. Word aangetref van St. Helena tot by Mosselbaai asook in die noordelike Atlantiese Oseaan en naby Australië. Swem in groot skole naby die oppervlakte en wanneer dit skrik, spring dit uit die water of gly oor die oppervlakte. Die vlieënde vis spruit waarskynlik voort uit hierdie tipe as gevolg van die ontwikkeling van die borsvin.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|