Skerpioenvis [boodskap #123829] |
Vr, 11 Januarie 2019 17:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Skerpioenvis (Scorpaena natalensis) is 'n vis wat by die kus van Valsbaai tot by Natal aangetref word. Omtrent 12 duim lank, rooierig met swart spikkels. Al die lede van die familie het koppe wat ‘gewapen’ is met riwwe of stekels, baie lang vinne. Het helder kleure en boots omliggende voorwerpe na.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|