Sikadee [boodskap #123800] |
Fri, 11 January 2019 06:42 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sikadee (Cycadaceae) is 'n groep tweehuisige plante wat tot ’n oer-oue tipe behoort, hoofsaaklik van ’n klein boompie vorm, gewoonlik sonder takke. Eenslagtig; omtrent 80 bekende spesies dwarsdeur die wêreld. Die stam is omtrent 2,4 meter (8 voet) hoog, dik en oortrek met growwe skubbe. Blare is geveer en stem ooreen met die van ’n groot palm. Bolle het groot leeragtige skubbe. Sade soos ’n groot dadel. Noordoostelike distrikte van Kaapland tot in Natal en Transvaal. Sien Boomvaring.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|