Schweizer-Reneke [boodskap #123733] |
Wo, 09 Januarie 2019 17:03 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Schweizer-Reneke is 'n dorp in Wes-Transvaal. In 1885 gestig en vervang die Bantoedorpie, Mamusa. Vernoem na kaptein Schweizer en veldkornet Renecke, wat in 1885 tydens ’n ekspedisie teen die plaaslike stam gedood is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het gevegte daar plaasgevind. Boerderysentrum; daar naby word ook na diamante gedelf. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 5,007 (1,661 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|