Schmidt, George [boodskap #123720] |
Wed, 09 January 2019 07:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
George Schmidt was 'n Duitse sendeling, bekend as ‘Die Apostel van die Hottentotte’. Hy kom in Julie 1737 in die Kaap aan as die eerste sendeling wat hom hier vestig met die doel om die heidene te bekeer. By Baviaanskloof begin hy met ’n sendingstasie, Genadendal, bekeer die Khoikhoi (Hottentotte), maar is deur die Nederlandse owerheid gedwarsboom, verbied om met die bediening van doop voort te gaan en in 1744 beveel om die land te verlaat. Genadendal is ontruim, maar dit is later heropen en bestaan vandag nog.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|