Sauer, Dr. Hans [boodskap #123707] |
Tue, 08 January 2019 19:05 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dr. Hans Sauer was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier. In 1857 op Smithfield, O.V.S. gebore. Hy bekwaam hom in Londen en Edinburgh in die medisyne waar hy ook in 1881 sy graad ontvang. Hy keer terug en vestig hom in Kimberley. Hy word mediese gesondheidsbeampte en ontmoet sy lewenslange vriend, Cecil Rhodes. Na die ontdekking van goud is hy na die Rand as Rhodes se verteenwoordiger en as mediese gesondheidsbeampte en bly daar tot 1889. In 1893 gaan hy na Zimbabwe (Rhodesië) as besturende direkteur van die Rhodesia Exploration and Development Co. Ltd. In die Matabele-rebellie van 1896 het hy Cecil Rhodes en ’n handvol ander persone ongewapen na die Matopo’s vergesel om vrede te maak met die opstandige leiers. Hy was lid van die Reformers in die Jameson-inval en is met £2,000 beboet vir sy aandeel daaraan. Hy tree af in Engeland en is in 1939 oorlede. Sy outobiografie, Ex Africa, is ’n klassieke werk in sy soort.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|