Sandile [boodskap #123693] |
Di, 08 Januarie 2019 18:47 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sandile was die Xhosa-opperhoof. Naam afgelei van Alexander. Omstreeks 1823 naby die oosgrens van Kaapland gebore. Hy word omstreeks 1850 opperhoof, en bots met sir Harry Smith van die Kaap. Hy was bedrywig in die Kaapse Grensoorloë maar sy opstandigheid het geleidelik bedaar. In die oorlog van 1877-1878 was hy eers neutraal, maar het later betrokke geraak en is deur die Britse troepe aangeval. Hy het hom na die Piriebos teruggetrek en is in 1878 daar deur twee blinde koeëls gedood.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|