Samango-Aap [boodskap #123684] |
Di, 08 Januarie 2019 06:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Samango-Aap (Ceropithecus labiatus) word soos die blou-aap aangetref in bebosde gebiede in die omgewing van water in die oostelike deel van Suid-Afrika, hoofsaaklik in Zoeloeland. Gelerig-swart van kleur, die kop is baie donker, die pels word ligter na agter toe. Hande, voete en gesig is swart, die stert skakeer van donker na lig van die stertwortel tot by die punt.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|