Renders, Adam [boodskap #123527] |
Sa, 05 Januarie 2019 10:37 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Adam Renders was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) ontdekkingsreisiger en ontdekker van die Zimbabwe-bouvalle. In 1822 in Duits- land gebore. As seun emigreer hy na die Verenigde State en kom in die jare 1840 op ’n handelskip in die Kaap aan. Hy gaan na Natal, sluit aan by die Voortrekkers en veg by Boomplaats onder Andries Pretorius, met wie se dogter hy trou. Later vestig hy hom in die Soutpansberg en gaan jag in, wat vandag bekend is as Zimbabwe (Rhodesië). Op een van hierdie togte in 1867 (nie 1868 soos gewoonlik beweer word nie) het hy die Zimbabwe ontdek. In 1869 oorlede.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|