Reitz [boodskap #123519] |
Sat, 05 January 2019 10:21 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Reitz is 'n dorp in die Noord-Vrystaat, vernoem na president F.W. Reitz en in 1891 gestig. Daar was ’n groot wolwassery wat deur middel van waterkrag aangedryf is, maar dit het later tot niet geraak. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het gevegte daar plaasgevind en die Oranje-Vrystaatse regering is op 10 Julie 1901 byna deur die Britte daar gevange geneem, maar het op die laaste oomblik ontsnap. Vandag is dit ’n toonaangewende boerderysentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 6,200 (2,660).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|