Qumbu [boodskap #123461] |
Fri, 04 January 2019 18:46 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Qumbu is 'n dorp in die voormalige Transkei, tussen Kokstad en Umtata. In 1876 gestig. Dit is in 1879 tesame met die omliggende landstreek by die Kaapkolonie ingelyf. Die jaar daarna het ’n rebellie onder die aangrensende stam, die Pondomisi, ontstaan, waarin Hamilton Hope, wat baie dapper was, gesneuwel het. ’n Monument is ter ere van hom opgerig. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 800 (200 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|