Prinsloo, Willem [boodskap #123433] |
Fri, 04 January 2019 17:42 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Willem Prinsloo was 'n Boerepionier. In 1818 in die Kaap gebore. Sluit in 1836 aan by die Voortrekkers en veg teen die Matabeles. Word ’n jagter en vestig hom aan die Oosrand op die plaas Modderfontein. Hy verkoop dit teen £40,000 en vestig hom op Kaalfontein naby Pretoria in 1888. Minerale word daar ontdek en hy trek na die plaas Sonderwater daar naby waar sir Thomas Cullinan later met die Premier-myn begin. Oorlede in 1908.
Die Willem Prinsloo-landboumuseum is vandag op die plaas Kaalfontein halfpad tussen Pretoria en Bronkhorstspruit op die R104.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|