Prag-en-Praalwette [boodskap #123412] |
Fri, 04 January 2019 16:29 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Prag-en-Praalwette is wetgewing wat in 1754 deur goewerneur Tulbagh ingevoer is om te voorkom dat die koloniste aan die Kaap uitermate luukse lewens lei. Soortgelyke wette is in Indië ingevoer, en in 1755 is dit gewysig om aan te pas by toestande aan die Kaap. Onder die betrokke verordeninge was die gebruik van koetse, die indiensneming van livreiknegte, die gebruik van sonsambrele deur persone van lae rang, ens.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|