Poue en Korhane [boodskap #123411] |
Fri, 04 January 2019 16:27 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Poue en Korhane (familie Otidae) is pragtige wildvoëls van die oop vlaktes wat goed verteenwoordig is in Suid-Afrika. Goeie hardlopers, met lang, sterk bene. Leef hoofsaaklik van groot insekte, veral sprinkane. Die grootste van die groep, die gompou (40 pd. of meer) woon in die Hoëveld en in Zimbabwe (Rhodesië). So genoem omdat daar geglo is dat hulle gom eet.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|