Port Nolloth [boodskap #123395] |
Fri, 04 January 2019 06:29 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Port Nolloth is 'n dorp aan die noord-westelike kus van Kaapland. In 1855 gestig by ’n ankerplek vroeër bekend as Robbebaai en vernoem na kommandeur M.S. Nolloth, wat die kus in die H.M.S. Frolic opgemeet het. Dit moes in die behoeftes van die nuwe kopermyne in Namakwaland voorsien. In 1869 het die Cape Copper Co. 'n spoorlyn daarvandaan 100 myl ver tot by O’okiep gebou, maar dit is in later jare vervang deur ’n padmotordiens. Daar is ’n klein hawehoof en inmaakfabrieke. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,100 (900 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|