Port Grosvenor [boodskap #123393] |
Fri, 04 January 2019 06:16 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Port Grosvenor is 'n hawe wat deur kaptein Sidney Tumer in 1878 aan die Pondolandse kus gestig is. So genoem vanweë die nabyheid daarvan aan die toneel van die wrak van die beroemde Oos-Indiëvaarder, die Grosvenor. Omdat dit onmoontlik was om die verkeer daar te beheer, en uit vrees vir wapensmokkelary het die Britse owerheid dit in 1885 gesluit. Dit het altyd baie min verkeer gehanteer.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|