Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Pont is ’n vervorming van die woord, "Ponton", 'n drywende brug wat oor baie Suid-Afrikaanse riviere gebruik is. Vroeër dae is pontonbrûe hoofsaaklik deur plaaslike maatskappye gebruik en sommige daarvan het dwarsdeur die land bekendheid verwerf. Onder die bekendstes was Norvalspont, wat destyds aan ’n Skot met dieselfde naam behoort het. Dit is oor die Oranjerivier gebruik en die dorp is daarna vernoem.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.