Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Hollands as skoolvak
Hollands as skoolvak [boodskap #9499] So, 25 Mei 1997 00:00
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand help?

Word Hollands iewers in Suid-Afrika aangebied as skoolvak?

Dit is nou vir die eerste keer 'n erkende skoolvak in Engeland, met die
eerste GCSE eksamen in 1998, aangebied deur die Midlands Exam board.

Ek het net so 'n gedagte dat dit vir 'n 14-jarige Afrikaanssprekende
kind wat noodgedwonge 'n 'modern language' moet neem vir GCSE
(gelykstaande aan ons St. 8), dalk makliker sal wees om Hollands te neem
as Frans. Die probleem is dat die skool nie 'n onderwyser het wat
Hollands kan aanbied nie, dus sal hierdie onderwyseres-ma dalk sommer
self moet inspring en dit doen... met slegs Afrikaans-Nederlands 3 as
agtergrond. En daaroor sal eers *deeglik* besin moet word!

Ek sal graag wil hoor van iemand wat Hollands as vak aanbied, of dit as
skoolvak in Suid-Afrika neem, of geneem het - verkieslik per e-pos,
aangesien dit dalk nie van veel belang vir die ander lesers van hierdie
nuusgroep is nie.

Baie dankie!
Rana

--
rana
Vorige onderwerp: Vredefort - Matriek 1979
Volgende onderwerp: Geologie Beursaansoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 19:30:53 MGT 2024