Pinelands [boodskap #123351] |
Do, 03 Januarie 2019 14:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pinelands is 'n tuinstad naby Kaapstad. In 1920 gestig op aansporing van Richard Stuttaford wat £10,000 (destyds R20,000) gegee het vir die ontwikkeling daarvan. Die belegging, wat deur ’n maatskappy sonder winsbejag beheer is, se verdienste is tot voordeel van die inwoners aangewend. Die terrein waar Pinelands uitgelê is, was die vroeëre bosboulandgoed, Uitvlugt, op die Kaapse vlakte. Baie moeite is gedoen om ’n hoë standaard van argitektuur en maksimum veiligheidsmaatreëls vir verkeer te handhaaf. In 1948 het Pinelands ’n munisipaliteit geword. Sien ook Meadowridge.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|