Pienaarsrivier [boodskap #123335] |
Thu, 03 January 2019 06:13 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pienaarsrivier is 'n dorp en spoorweghalte noord van Pretoria. In 1908 gestig en vernoem na ’n plaaslike pionier. Die dorpie lê langs die gelyknamige rivier. Die hoofspoorlyn na Pietersburg (Polokwane) het die dorpie in 1896 bereik. Hier is ook 'n takspoorlyn na Marble Hall. Die N1-nasionale pad loop naby die dorpie verby.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|