Pettman, Eerw. Charles [boodskap #123323] |
Wo, 02 Januarie 2019 19:19 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Eerw. Charles Pettman was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige. In 1851 in Whitstable, Kent, gebore. Bekwaam homself as Wesleyaanse predikant, kom in 1876 na die Kaap en word die eerste predikant van enige kerkgenootskap in Oos-Londen. Hy staan in die bediening in Oos-Kaapland en elders, maar het eintlik bekendheid verwerf met sy geskrifte oor Suid-Afrikaanse plekname en Suid-Afrikaanse woorde in die algemeen, laasgenoemde is vervat in sy verhandeling, Afrikanderisms. Oorlede in 1935.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|