Paterson, William [boodskap #123289] |
Wed, 02 January 2019 16:42 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
William Paterson was 'n Britse reisiger. In 1755 gebore. Sluit aan by die leër, maar word gou ’n vooraanstaande plantkundige. Om dié rede besoek hy die Kaap in 1777. Tydens sy twee jaar aan die Kaap onderneem hy vier ekspedisies — een waarop hy kolonel Jacob Gordon vergesel het toe laasgenoemde die Oranjerivier sy naam gegee het. Hy het ook ’n groot gebied van die huidige Oos-Kaapland verken. Oorlede in 1810.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|