Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Oribie of Oorbietjie (Ourebia ourebi) is 'n klein grasieuse bokkie, 66 cm (26 duim) hoog. Die bok word van die Kaap af tot in Zimbabwe (Rhodesiƫ) en Mosambiek aangetref. Dit is lief vir oop landskap of plat berge en wei gewoonlik in pare of klein groepies. Net die rammetjie het kort, reguit horinkies. Geelbruin met wit onder die pens.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.