Ofcolaco [boodskap #123191] |
So, 30 Desember 2018 19:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ofcolaco is 'n nedersetting in Oos-Transvaal. Die naam is 'n afkorting vir die 'Officers Colonial Land Company', Dit is kort na die Eerste Wêreldoorlog gestig deur 'n groep afgetrede offisiere, hoofsaaklik uit Indië, wat na baie moeilike tye daarin geslaag het om 'n mate van welvaart te beleef met die kweek van sitrus en ander subtropiese produkte.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|